Steve D maak opslae in Europa


Steve D het pas die Afrikaanse weergawe van die 2012 Eurovision Brittanje inskrywing “Love will set you free” wat hierdie jaar deur Engelbert Humperdinck in Baku gesing is vrygestel.  Die liedjie se Afrikaanse titel is “Ware liefde maak jou vry” en is deur die baie bekende Johan Laas verwerk en opgeneem.  Die vrystelling val saam met Engelbert Humperdinck se besoek aan Suid-Afrika gedurende Junie en talle radio stasies in Suid-Afrika speel reeds Steve D se weergawe.  Groot was die verbasing to Eurovision Radio International www.radiointernational.tv  aangekondig het dat hulle ook die Afrikaanse weergawe deur Steve D in Nederland speel en kort daarna het die Belgiese radio stasie www.eurovisiOradio.eu bevestig dat hulle ook die liedjie speel.  Die radio omroeper Amanda Olivier sê sy is mal oor Steve se stem kwalitieit, die musiek begeleiding en produksie.  Tinus Esterhuizen beskryf die lied as warm en puik.  Belangstellendes kan na die lied gaan luister op Steve D se webtuiste by www.stevedonline.com en ook aansluit by sy Facebook Blad: Steve D.  Steve D is ook bekend vir sy weergawe van die ou bekende Jan Pohl liedjie “Kom saam vanaand” wat hy as tema lied in die reeks “Daar doer in die Fliek” gesing het.

Comments

  1. Good Luck - Steve D with the Afrikaans cover version of Engelbert Humperdinck's 2012 Eurovision Song Contest entry - "Love will set you free". It will air on www.radiointernational.tv tonight between 2000 - 2300 hours CET together with many other Eurovision songs.
    Happy Eurovisioning!
    JP

    ReplyDelete

Post a Comment