Willem Botha gesels oor Vadersdag


Die oulike Afrikaanse sanger Willem Botha het met THE BEAT gesels oor Vadersdag en wat dit vir hom en sy pa Theuns Botha beteken.
Willem Botha (Credit: Wi. B Creations)
Wat onthou jy die graagste uit jou kinderdae van Vadersdag? Ek het op ‘n plaas in op ons plaas in Riversdal grootgeword. My ouers bly steeds daar, maar gedurende die week werk my pa in die Kaap. Ek onthou hoe ons gesin en die meeste van die familie altyd berg toe sou gaan en die dag daar spandeer. Lekker braai en swem in die berg vallei.
Wat is die een bekende sêding wat jou pa altyd gebruik? "As jou droom jou nie bang maak nie, dan droom jy nie groot genoeg nie."  My pa ondersteun my en my broer ongelooflik baie om ons drome uit te leef en na te streef.
Wat is die een les/wysheid wat jou pa vir jou geleer het, wat jy ook graag vir jou kinders sal wil leer? As werk help, dan werk mens! Moet nooit lui wees of n kans in die lewe laat verby gaan nie.
Beskryf jou pa vir ons kortliks: Theuns Botha. Hy is n man met baie passie, geduld en liefde. Ek het oneindiglike respek vir my pa. Ek het nog nooit iemand gesien wat so baie aanpak in die lewe en ALTYD tyd maak om ander te help. Ek sê dit altyd maar, my dad is defnitief my rolmodel!
Wat beplan julle vir Vadersdag 2012? Ek is nie die jaar by die huis nie omdat ek besig is met 10 shows saam met Steve Hofmeyr, maar hulle vlieg volgende naweek op om te kom kuier. So ons sal dan lekker saam kuier. Ek haat dit as ek sulke familie dae mis.
Die kosbaarste geskenk wat 'n seun aan sy pa kan gee is . . .Ek het n baie spesiale band met my pa. Ek en my broer beide. En dit alleen dink ek is n baie groot geskenk vir enige pa.

Comments