Die Tuindwergies se nuwe CD uiteindelik hier


Die gewilde groep Die Tuindwergies se nuwe CD, Terwyl die Donker Wolke Dans, word môre, 2 Julie 2012, vrygestel. Die CD weerspieël die groei wat hulle as lede én as band die afgelope twee jaar ondergaan het. Met `n kombinasie van country, folk en rock invloede, kondig die groep `n nuwe seisoen vir Afrikaanse musiek aan. Hoe meer mens na die CD luister, hoe meer ontdek jy die waarde van dit wat musikaal-, liriek- en produksiegewys daarin opgesluit is. Dit is vloeiend en  karaktervol, soos daardie ou jeans wat in jou kas lê, daardie paar waarin jy op jou gemaklikste voel. Die lirieke is geskryf deur Emile Swiegers en Pieter de Jager. Hul manier van skryf wys op `n skerp oplettendheid van die wêreld rondom hulle. “So onbewus, dog so aspris.”

Comments