EKSKLUSIEF! Willem Botha se geloof in musiek


Willem Botha
Daar is min dinge wat Willem Botha opgewonde maak soos lekkermusiek. Die jong Afrikaanse sanger het met TheBeat gesels oor sy nuwe CD, My StemIs Joune, sy liefde vir Facebook en Twitter en oor wie sy heimlike “man crush”is.
Geluk met die nuweCD! Ek moet nog self gewoond raak aan die skielike sukses. Dis regtig “insane”en “unreal”. Die titel van die CD wat gemik daarop om mense te gesels en te “relate”.Dit is lekker om boodskappe van aanhangers te kry wat nou sê ‘jou stem is nouons s’n’.
Jy het nogals jou tydgeneem met die uitreiking van die CD? Beslis. Ek het omtrent so 3 jaar geledelaas ‘n CD uitgebring. Ek het so 2 jaar gelede begin skryf aan die CD en so ‘ njaar gelede met vervaardigers begin werk en Desember die opnames gedoen. Die CDsou verlede jaar uitgekom het, maar ander projekte het dit terug geskuif, maardit is nou uit en ek is baie in my nappies.
Jou treffer Breek Op In Stereo is 'great'. Vertel ons meer. Ek het die liedjie geskryf terwyl ek in diemusiekspel Tree Aan! was. Ek wou ‘n “break-up” song skryf, soos Kelly Clarksonse Since You Been Gone, en het gedink ‘wat sal ‘n awesome manier wees om viriemand te sê, vat so’? Toe skakel ek die radio aan en siedaar! Wat beter manierom met iemand op te breek as om te sê sit die radio aan – ek breek op met jouop die radio! Maar ek bieg dat dit is nou iets wat ek nie sommer sal doen nie(Lag).
Wie is jou grootsteondersteuners? My ouers. Hulle is ook my grootste kritici, wat ek ten harteop neem, want ek weet ek gaan die regte terugvoer kry.
Is jy gemaklik om kaalbolyf te verskyn? Ek is gemaklik metmy lyf, maar ek is ook ‘n baie privaat persoon. Ek vind dit soms snaaks datmense hulle hemde op die verhoog uittrek omdat ‘n gehoor na die stem en nie dielyf kom kyk nie. (En dan lig hy sy hempeffe op om sy nuwe ‘tattoo’, Strength, wat hy in Thailand gekry het, te wys).
Hoe ‘n groot rolspeel geloof in jou lewe? Ongelooflik baie. Dit is baie keer wanneer ditdie slegste gaan met my dat ek uit reik na die Here. Ek was nooit skaam oor mygeloof nie. Ek probeer my geloof uitleef en sekerlik die grootste kompliment watek nog gekry het, was ‘n pa wat na ‘n vertoning vir my kom sê het dat dit solekker is om sy kinders na my vertonings te bring, omdat ek my geloofuitstraal.
Jy is baie aktief opFacebook en Twitter. Dit is ‘n lekker manier om met aanhangers tekommunikeer. Ek probeer elke ‘post’ lees, maar daar is net nie genoeg tyd nie,so ek sal dan die ‘post’ gaan ‘like’. Ja, daar is soms jou aardige aanhangerswat boodskappe los, maar dit is nou maar net een van daai dinge.
Wie is jou “man crush”?Ha ha ha – dis ‘n goeie vraag! Ek sou David Beckham. Hy is sportief, stylvol,klassiek en net ‘n goeie rolmodel. Ek sal graag soos hy wil wees.
Enige groot plannevoor die einde van die jaar? Ek speel in die nuwe musiekfliek Pretville endan doen ek ‘n toer in Desember saam met ‘n groot bekende, maar ek kan nie noual iets daaroor sê nie.

Comments