Jak De Priester gesels oor sy 'nuwe' musiek


Jak de Priester is 'n besige man. Die Afrikaanse-sanger is hard aan die toer met sy grootste treffers vertoning, Van Nougat tot Nou, en hy is ook besig met nuwe musiek vir sy volgende CD! The Beat het by hom gaan kuier om meer uit te vind oor sy nuwe musiek asook sy 'nuwe' Binnland-temamusiek wat vanaf Maandag 30 Julie gehoor gaan word om die Afrikaanse-sepie se 1 500ste episode te vier.
Jak De Priester
Hoe wonderlik is dit om te hoor jou Binneland-temamusiek gaan weer gebruik word! Dit is, dit is. Ek het in middel Mei daarvan gehoor en was baie opgewonde daaroor. Die laaste 2 jaar het elke tannie wat my in 'n shopping mall raak geloop het, my gevra hoekom het ek Binneland se liedjie verander!? So asof ek die besluite neem by die Binneland studio’s. Maar nou is ek bly hulle kan weer die liedjie hoor, net baie mooier en beter!
Kan jy dalk vir ons vertel hoe dit verander is? Die nuwe weergawe is net beter opgeneem. Ek sing ook beter as 7-jaar gelede. Die nuwe verwerking het baie meer "strings" in, maar dis steeds dieselfde liedjie net baie meer 2012.
Hoekom dink jy die liedjie is so gewild? Die liedjie is so gewild want die program is so gewild. Dit het deel van mense se lewens geword en die liedjie is die assosiasie met die program! Dis amazing watse effek musiek op ‘n mens het. Ek onthou nou nog temaliedjies uit my jeug se dae uit! Dink byvoorbeeld aan Ballade vir ‘n Enkeling en Sonkring.
Vertel ons meer oor die musiekvideo wat op Sondag 29 Julie op Jukebox (kykNET) vir die eerste keer gewys gaan word. Die musiekvideo is in, om en by die Binneland-studios opgeneem. Daar verskyn baie bekendes van die reeks in, soos Dawid Minnaar, Neels van Jaarsveld, Lindie Stander, Elma Postma en en en. Dit gaan stunning wees, want die studio beskik oor die beste tegnologie en filmmakers. Dis nie aldag wat mens geleentheid kry om 'n video te maak en nie te worry oor die budget nie (lag). 
Ons sien jy noem Lindie Stander se naam. Wat was jou reaksie toe jy hoor van haar selfmoord-poging? Toe ek lees van Lindie was my hart dadelik seer. Tydens die opname van die video het ek en sy juis gesels en sy het gesĂȘ dit gaan goed met haar. Beter as ‘n ruk gelede was haar presiese woorde. Ek het haar aangemoedig om weer ‘n one woman comedy show op die planke te bring. Sy is awesome!
Enige ander planne? Behalwe my toer, is ek ook druk besig om aan nuwe musiek te skryf. Die CD behoort so Februarie 2013 beskikbaar te wees. 
* Luister na die oorspronklike LIEDJIE.

Comments