Sexy Korrek! Jack Parow se nuwe Parow-braaisous


Hosh! Met Nasionale Braaidag om die draai, het The Beat by kief-rapper Jack Parow gaan brannas en coke drink en so 'n bietjie gesels oor sy nuwe Parow-braaisous en watter ander verrassings die 'Arow van Parow' alles nog onder sy kep wegsteek vir die res jaar, soos 'n speelgoed-reeks! En ja, hy gee raad wat die beste stukkie vleis is om te braai en die noodsaaklihede vir 'n lekker braai!
Jack Parow met sy Parow-braaisous (Credit: Manfred Werner)
Waar kom die idée van ‘n braaisous vandaan? Braai is ma nog altyd my lewe, die besluit om 'n braaisous te maak het baie maklik gekom...meer oor die rede dat ek nou elke dag kan braai as enige iets anders!
Wat maak jou braaisous uniek? Dit lat enige iets amazing proe,van chops tot toast. ons het ook baie tyd ingesit in die label en bottel en dis baie uniek,my handtekening is selfs embossed op die bottel, ma  ja,op die ou end maak niks saak as dit nie amazing proe nie,en glo my,dit doen...hy loop soos stroop. Ek het reg oor die wereld gereis en oral gesoek vir die perfekte braaisous. Vanaf die voorheuwels van Tibet tot die Karoo se vlaktes, van die strate van New York tot die agterstrate van Goodwood. Ek het toe uiteindelik die beste kombinasie vir die gevaarlikste braaisous bekend aan die mensdom gevind. Die Parow-braaisous is so gevaarlik dat ek dit met melk vervang het. So ek gooi dit in my koffie en eet dit saam met my Coco Pops.
Hoe betrokke was jy by die ontwikkeling van die braaisous tot en met produksie? Verskriklik,ek sit nie my naam op iets wat ek nie van hou of self gebruik nie,so dit was vir my baie belangrik om deel te wees van al die aspekte van die ontwikkeling.
Vertel bietjie vir lesers saam met wat hulle alles jou braaisous kan geniet? Jis,basically enige iets,enige braaivleis,braaibroodjies,lambsboud,spaghetti bolognaise,die lys gaan aan,ons het dit selfs al in bloody mary's gebruik!
Watter stukkie vleis hou jy van om te braai? My favourite is 'n rump steak,mens kan nooit verkeerd gaan daarmee nie.
As ‘n mens braai, wat is die belangrikste goed wat hulle moet onthou?  Brannewyn en coke...en Parow-sous!
Braai tip? Maak seker daar is 'n flam op die hout; En daar is brannas by die Coke; Vul jou glas op met ys; En drop Parow Braaisous op jou vleis.
Jy klink lekker besig deesdae, hoe is dit om pa te wees? Amazing,hele nuwe experience en nuwe challenge,regtig baie gelukkig!
En jou musiek, wat is volgende vir Jack Parow? Ek werk nou an n special edition vir die einde van die jaar wat n comic boek en n paar nuwe liedjies op het ens. Dan werk ons ook an 'n DVD wat gevaarlik gan wees. Kyk uit!
Enige ander projekte waaraan jy werk? Werk op die oomblik ook aan lang hoedens en 'n toy range,so hou julle ore oppie spore. Kief kief!
WEN! The Beat en Jack Parow gee 3 lesers die kans om 'n bottel van sy Parow-braaisous te wen. EPOS net jou naam, van, adres en kontakbesonderhede met PAROW-SOUS in die opskrif na THE BEAT. Sluitingsdatum is Vrydag 24 Augustus 2012.

Comments

  1. zeg die Jack Parow braadsaus moet ook in nederland op de markt komen, bij Jumbo supermarkt bijv.

    ReplyDelete

Post a Comment