Snotkop is 'n super-energievraat

Met sy splinternuwe album, Oppas, bied Francois Henning – oftewel Afrikaanse kletsrymer Snotkop – ‘n plesierige dansalbum. Met 16 snitte kry sy bewonderaars ‘n rits Afrikaanse nuutskeppinge uit sy pen en dan raak hy behoorlik lostlit met sy weergawe van Kenny Loggins se fliektreffer Footloose. The Beat het met Snotkop gesels.
Snoptkop (Credit: Select Musiek)
Ons 'like' jou titel van die CD, Oppas. Waarvoor moet luisteraars nou eintlik Oppas? Hulle moet Oppas, want as daar na die CD geluister word gaan daar definetief gepaartie word!
Die CD is vol woema, wat het jou woema gegee om die CD op te neem? Ek is mal oor dans, musiek en om mense gelukkig te maak, ek probeer dit doen deur my musiek ook. Ek wil hê dat as mense na die album luister moet hulle ‘n smile op hulle gesigte kry. Ek wil hê mense moet vir die uur of so vergeet van al hulle probleme. Dit was my inspirasie. Hierdie album is beste as jy die volume tot bo oopdraai en al jou inhibisies verloor. Dit is ‘n celebration van die lewe.
Hoe lank het jy aan die CD gewerk? Dit het omtrent 5 maande gevat om al die songs te skryf en op te neem. Dit is ‘n lang proses om ‘n album op te neem, ek moet baie gefokus wees as ek begin, dit is al waaraan ek dink, ek eet slaap en lewe lirieke en melodiee as ek begin werk aan ‘n album. Dit is vreeslik lekker maar ook ‘n moeilike proses. Dit is egter wat my aan die lewe hou, om kreatief te wees en om te kommunikeer deur musiek.
Jy doen weer 'n duet met MoniQue (Smoorverlief). Hoekom dink jy dat julle so 'n goeie duet maak? Ons het groot sukses behaal met ons eerste duet ‘Ek val vir jou’ en ons het dit vreeslik baie geniet. Ek is mal oor Monique se stem en haar energie, ons werk goed saam. Sy het die X factor, wat baie skaars is, sy is die hele package. Ek is mal oor ons nuwe duet en ek dink hy sal baie goed doen. Die song gaan oor daai incredible gevoel wat mens kry as jy net eenvoudig smoor verlief is op iemand, daai persoon wat jy nie sonder kan lewe nie, en jy weet die persoon is die een met wie jy die res van jou lewe wil deel. Daai gevoel waar jy nie kan wag om weer die person te sien nie, om smoor verlief te wees!
Ons twee gunstelinge is Ek's Moeilikheid en Hemel By My. Vertel ons meer oor die twee snitte. Hemel by my is ‘n song oor iemand wat nie jou liefde met jou deel nie. Iemand wat mens van ‘n afstand af admireer en hoop dat liefde ‘n werklikheid sal word. Ek is moeilikheid is ‘n fun tune, mens moenie die lewe te ernstig vat nie. Moenie vergeet om prêt te he nie en soms net doen wat mens wil, party maal moet mens impulsief wees, jou hart volg en crazy stuff doen. Dis belangrik om ‘n balans te handhaaf. Soms soet, soms moeilikheid!
Jou weergawe van Kenny Loggins se Footloos is aansteeklik. Hoekom het jy op die liedjie besluit? Ek is ‘n groot fan van die fliek en Footloose was nog altyd een van my gunsteling songs van die 80’s.
Ek wou egter ‘n meer modern weergawe van die liedjie opneem, maar nogsteeds die vibe behou. Dit is ‘n song wat ongelooflik lekker is om live te perform!
Jy sing baie oor die liefde ook, so, het jy al liefde gevind? Ek het so baie liefde in my lewe, ek is werklik blessed. Al my fans, my loopbaan, my familie, vriende, dis meer liefde as wat enigeen voor kan vra...
Snotkop se nuwe CD
Hoeveel snitte het jy aanvanklik opgeneem vir die CD, en hoeveel het nie die "cut" gemaak nie? Ons het 17 liedjies opgeneem en omtrent 20 geskryf. 16 het die cut gemaak.
Indien daar ekstra liedjies is, sal aanhangers dit iewers kan hoor, of is dit agter slot en grendel? Moontlik, maar daar is geen planne om die liedjies vry te stel op die huidige oomblik nie. wie weet dalk later...
Na watter musiek luister jy op die oomblik? Pitbul-enigiets van hom! LMFAO- Sorry for party rocking; Niki Minaj-Pound the alarm; Katy Perry – Firework; Kurt Darren – Heidie.
Daar kom 'n hele rits internasionale sangers nou na Suid-Afrika, wie wil jy graag sien? Ek sien uit na die Lady Gaga show in Desember. Sy is baie kreatief en haar tunes kook. Ek het ook na Pink gaan kyk en Jamiroqui, almal was fantasties. Maar ek dink ons eie SA kunstenaars is net so goed as nie beter nie. Ek sou graag vir Micheal Jackson wou sien, ek het ongelukkig nie die kans gekry nie.
Enige TV of fliek-werke wat dalk in die pyplyn is? My skedule laat dit nie op die oomblik toe nie. ek is ook akteur en het dit geswot, en is baie lief vir toneel speel. My sang loopbaan hou my egter baie besig. Ek sal wel in die toekoms weer bietjie tv werk doen of self my eie film... maar op die oomblik is ek gefokus op die musiek.
Wat wil jy graag vir mense laat weet as hulle na jou CD luister? Enigiets is moontlik in die lewe. Mens moet aanhou glo. Droom dit, sien dit en gaan haal dit! Hulle moet ook weet dat hulle ongelooflik baie vir my beteken, want sonder my 'fans' is daar geen inspirasie nie, geen rede om musiek te maak en te deel nie. hulle is my wereld!

Comments