Willem Botha se blits Europese-reis

Die bekende Afrikaanse sanger, Willem Botha, het so 'n paar weke gelede die hitte van Suid-Afrika vir die koue van Europa verruil om daar te gaan optree. The Beat het met die jong knaap gepraat oor sy eerste Europese-toer.
Willem se sneeuman
Waar was jy oral? Ek was vir 3 weke in Europa. Nederland, Belgiƫ, Parys en Switzerland.
Ek neem aan daar was 'n optredes, so saam met wie en waar het julle oral opgetree? Ek het in Nederland saam met Kurt Darren, Arno Jordaan en Dirk en Marlouise opgetree. Ek het ook saam met van die beste vervaardigers in Belgiƫ gewerk en een van hulle liedjies in Afrikaans opgeneem. Dan het ek ook die geleentheid gekry om 'n TV-program en radio onderhoude te doen. So ek het die meeste van die tyd gewerk.
Dit is mos nou winter in Europa, so het jy al sulke koue van te vore ervaar? Dit was my eerste keer wat ek sneeu gesien het. Dit is prentjie mooi vir die eerste 5 dae. Daarna is dit net vrek koud! Ek was gelukkig voorbereid en ordentlike warmgoed gekoop en ingepak. Maar dit het vir my gevoel of niks jou kan warm maak nie. Ek het omtrent elke dag 2 long-jongs en 6 hemde aangehad en steeds koud gekry.
Enige sneeumanne gebou? Ek was 2 dae in Switzerland, Engelberg. Daar het ons een dag 'n sneeuman probeer bou. Dit lyk altyd so maklik, maar dit is glad nie. Ons het seker 'n uur lank gebou aan 'n klein sneeuman. Dit het darem mooi uitkom aan die einde.
Was dit jou eerste optredes in Europa? Ja, dit was my eerste keer. Ek was so verbaas gewees om te sien hoe goed hulle my songs ken en elke woord saam sing. Dit was n ongelooflike gevoel en ervaring.
Wat was jou hoogtepunt van die blits-besoek? Vir my was elke land mooi op sy eie en iets uniek gehad. Ek het van die kos gehou, die spierwit vars sneeu in die oggende en die verskillende mense gehou.  Die show in Nederland was n groot voorreg.
Willem in Parys
En die laagtepunt? Ek was bietjie teleurgesteld oor hoe ongeskik die mense in Parys was. Ek dink net dis omdat Suid-Afrika se mense altyd so vriendelik is, dat jy verwag dit orals so gaan wees.
Waarna het jy die meeste verlang toe jy daar oor die waters was? My eie huis, my familie en vriende.  Net SA se mense en die lekker sonskyn.
Wat beplan Willem alles vir 2013? 2013 is n baie besige jaar vol shows. Ek is baie opgewonde oor die toekoms. Net om hard te werk en positief te wees.
Enige TV-shows/movies in die pyplyn? Daar is n paar moontlikhede en goed waaraan ek werk wat ek nog nie nou al wil verklap nie. Ek het my eie radio show gekry op Rippel 90.5 in Pretoria, Maandag tot Donderdag so 17:45, waaroor ek baie opgewonde is.

Comments