Vuurwarm RSG-CD

Soms beland daar ’n CD op jou lessenaar wat jou dag maak. Dit is nou daardie plaaslike kompilasie-CD’s wat minder aandag trek as hul Engelse eweknieë. So is RSG se nuutste dubbel- kompilasie CD, Oggend Op RSG. Jissie man, dit is nou kookwater. Dis soeter as die soetste waatlemoen en dit gaan jou voete behoorlik laat jeuk op die dansbaan. Die musiek is treffers van vervloeë dae toe musiek nog musiek was sonder enige fieterjasies of opgesmukte mooimaakmiddels. Dit laat jou herinner aan onskuldige laer- en hoërskooldanse toe dit nog veilig was om saans rond te loop en kalwerliefde. Tussen die 36 snitte deur kry jy Afrikaanse musiek wat gemaklik langs Engelse snitte skouers skuur, asook kwaito en self nostalgiese treffers, soos Mama Tembu's Wedding en die musiek van ABBA. Dit is nou regtig ’n CD wat hoog aanbeveel word en gehaltemusiek is.

Comments