Jack Parow sê 'Welcome To Parowside'!

Die arrow van Parow is 'n besige man. The Beat het 'n branna-en-coke saam met die Afrikaanse rapper gedrink om meer uit te vind oor sy nuwe witwarm DVD, Welcome To Parowside, en sy ander projekte vir 2013.
Emile Butler van The Beat saam met Jack Parow
Smaak my jy ís 'n besig man deesdae. Jy't getoer, werk aan nuwe CD en nou is die DVD uit! Hoe hou jy alles bymekaar? Booze and Redbull. Ha ha! Nee,ek probeer ma' net my bes om te "focus.  As daar so baie goed aan die gang is kan ‘n mens maklik verloore raak, so ek konsentreer maar net daarop om my "energy" reg te split tussen alles.

Vertel ons bietjie van die DVD? Sy naam is Welcome To Parowside. Ek het so 3 jaar terug vir my 'n kamera gekoop en alles begin film wat ek doen en ek het ook 'n chommie van my, Thomas, saam gevat na meeste van my groot shows, so dis "basically" 'n mix van al daai "footage". Van Rusland tot London tot Holland tot Suid-Afrika.  Daar's interviews en "backstage" kak maak en basically net 'n "look" at die laaste 3 jaar van my lewe...hys rof. Van my pelle soos Francois Van Coke en die ouens van die Kongos maak ook 'n gasverskyning in die DVD.

En die CD? Dit is 'n "double" CD,een helfte akoesties en die ander helfte elektries. So ja, daar’s BAIE nommers op en hy gan loooooop. Daar's ook n paar nuwe "special guests" wat ek baie excited is oor, ma' julle sal moet wag en sien!

Jy speel ook in die "movie" Babelas. Wie is jy in die fliek? My karakter is neef, ek is 'n rapper uit 'n klein dorpie waar niemand van rap hou nie, so ek is so half die "odd one out". In die storie is ek ook op soort van 'n "mission" om "accepted" te raak.

En hoe drink jy deesdae jou brannas-en-coke? Steeds drie-vingers sterk.

Comments