Republiek van Zoid Afrika Volume 2 CD en DVD is hier!

Sedert die tweede reeks van Republiek van Zoid Afrika op die lug is, is Karen Zoid weekliks bo-aan die SA iTunes trefferlys. Tot op hede het sy nie minder nie as 10 nommer 1 posisies behaal – en dit met verskillende liedjies wat sy saam met haar gaskunstenaars aan die einde van die program uitvoer. Hierdie is `n ongeewenaarde prestasie. Goeie nuus is dat die Republiek van Zoid Afrika Vol 2 CD en DVD in September uitgereik word. Voorafbestellings vir die vollengte album kan nou op iTunes geplaas word. Die offisiĆ«le uitreikdatum op iTunes is 17 September. Die Cd en Dvd sal vanaf 20 September landwyd in winkels beskikbaar wees.

Comments