Nagligte - Hoop In Die Donker

Dit is as gevolg van hierdie worsteling dat NAGLIGTE besluit het om hul vrese en drome aan die wêreld te openbaar. Die groep bestaan uit drie lede: Jacobus (Roof) Brink (voorsanger, kitaar en klavier), Wynand Jonker (kitaar) en Daniël (Eddie) Brink (dromme). Die drie lede se diverse musiek smake, wat strek van melodiese pop tot “heavy metal”, het alles bygedra om die epiese, saamsing, alternatiewe klank van die groep te definieër. “Ons het ‘n baie duidelike idee gehad van hoe ons wou klink”, sê Wynand. “Maar, na die eerste paar sessies in die ateljee kon ons agterkom dat ons nog vêr is van hoe ons wil klink en het stelselmatig meer en meer ons eie unieke klank gevind, gebasseer op die breër spektrum van ons individuele invloede”. Die groep se boodskap aan almal daarbuite: “Ons wil wegbreek uit hierdie doellose bestaan wat huidiglik so baie van ons tyd opneem. Ons wil vir almal sê: Dit maak nie saak wie jy is en wat jou omstandighede is nie, daar is altyd hoop in die donker. Word wakker. Word groot. Staan op.” - NAGLIGTE

Comments