Uit my perspektief! Bobby Van Jaarsveld - Die Eerste 10 Jaar

Ek onthou nog die dag toe ek vir die eerste keer Bobby Van Jaarsveld se liedjie Yeshua, the Messiah gehoor het. Dit was 'n mooi sonnige dag, maar groot hartseer in die kerk. 'n Baie goeie vriendin van my het gesterf aan kanker. Ek was stom, hartseer en vol verwyte omdat ek nie gouer by haar kon uitkom toe sy nog geleef het nie. Die trane was vlak. Die mis groot. En toe speel hulle Yeshua, the Messiah in die kerk ter nagedagtenis vir haar. Ek sal dit nooit vergeet nie. Bobby het daardie dag my hart gewen. Dit was mooi, bitter mooi. Hy is een van ons land se mees geliefde kunstenaars en op sy jong ouderdom is dit moeilik om te glo dat Bobby van Jaarsveld hierdie jaar reeds 10 jaar in die musiekbedryf vier! "Die Eerste 10 Jaar" van Bobby bevat al sy grootste treffers tot nou van verskeie albums wat hy reeds vrygestel het asook 'n paar nuwe liedjies wat nou vir die eerste keer gehoor kan word en behoort in enige aanhanger en almal anders se CD versameling te wees! Met van sy eerste treffers soos "Net Vir Jou" & "Spieƫltjie" tot meer onlangs "Een Vir Een" & "My Alles" en dan ook die splinternuwe "Middernag Serenade" & "It's Always Been You".

Comments