TREFFER-CD! Jay & Lianie - Vir Liefde

Suid-Afrika se gewildste duetpaartjie, Jay du Plessis en Lianie May se splinternuwe album, Vir Liefde, is kookwater! Alhoewel beide suksesvolle solo-loopbane ook het, het “Bonnie en Clyde,” hul vorige duet CD, se dubbel platinumverkope beslis aangedui dat aanhangers mal is oor hul stemme saam. Nadat die twee kunstenaars se “Naweeklyfie” die Ghoema Toekenning in 2015 vir Beste Liedjie opgeraap het, het hulle besluit om aan ‘n opvolgalbum vir “Bonnie en Clyde” te begin werk. Met Johan Vorster en Ewald Coleske as hoofskrywers, asook Christoph Kotze, Johan Oberholzer en Rudi Claase aan die spits van sake, kan aanhangers maar gerus wees dat die nuwe CD weer ‘n groot treffer gaan wees. Die kenmerkende Jay en Lianie klank is nogsteeds daar, maar soos dit enige goeie musikant betaam, word horisonne ook verbreed en mag daar selfs een of twee aangename verrassings wees. Die eerste enkelsnit is “Vir Liefde” en die danstreffer is “Daar vat hy.”

Comments