WITWARM! Grootste plaaslike en internasionale treffers van die 80's

Musiek van die 80’s het daai “iets” wat mens aan niemand kan beskryf sonder om dit vir hulle op maksimum volume te speel nie. “Treffers van die 80’s” laat die grootste gunstelinge van dié era met die energie van ‘n behoorlike boemboks weergalm! Hierdie album bied die grootste plaaslike en internasionale treffers van die 80’s op een dubbel-CD album aan – 38 snitte wat jou sal wegvoer na ‘n tyd van neon, acid wash jeans, groot oorringe en selfs groter hare! Stemme soos dié van Jennifer Rush, Roxette, Modern Talking, Starship, Foreigner, A-Ha, Kenny Loggins, Cyndi Lauper en Bonnie Tyler het die internasionale ranglyse aan’t kook gehad, terwyl Suid-Afrikaanse gunstelinge soos Anneli van Rooyen, Bles Bridges, Kupido, Steve Hofmeyr, Randall Wicomb, Carike Keuzenkamp en Anton Goosen op eie bodem opslae gemaak het. Hulle – en vele ander kunstenaars – verskyn op hierdie album, met treffers soos “I’ve had the time of my life”, “Take on me”, “I want to know what love is”, “Laaste lag”, “Transkaroo”, “You’re my heart, you’re my soul”, “Ek lewe”, “Duitswes-wals”, “Footloose” en ‘n hele rits ander bekendes wat sal sorg vir sowat twee en ‘n half ure se luister- en dansgenot! “Treffers van die 80’s” is ‘n tyd kapsule propvol tydlose verrassings wat ‘n behoorlike bederf vir 80’saanhangers van alle ouderdomme sal wees! Die album is nou landswyd beskikbaar.

Comments