WITWARM-CD! Johan Anker - Hoop & Bid



'n Vars briesie in die Klassieke Musiekmark Johan Anker het aanhangers van The Voice SA van die eerste oomblik af beïndruk toe hy in 2016 aan die eerste reeks van hierdie realiteitsprogram deelgeneem en stoele laat draai het met sy hoendervleismooi weergawe van Hallelujah. Die video van sy eerste oudisie is nie net deur meer as 250 000 mense op YouTube gesien nie. Nou is hy weer in die kollig met sy debuut-enkelsnit, Hoop en Bid, wat pas bekendgestel is en beloof om luisteraars weer van vooraf te bekoor. Hierdie liedjie, uit die pen van Vaughan Gardiner, is ’n mengsel van roerende lirieke en ritmiese melodieë, wat nie net in jou kop kom vassteek nie, maar jou ook sal laat nadink. Hoop en Bid is ook die eerste amptelike vrystelling vanaf sy debuutalbum wat in Augustus 2017 uitgereik was. Die CD kan hoofsaaklik beskryf word as ’n mengsel ligte Klassieke en Geestelike Musiek.” Die CD bestaan uit elf snitte, wat spesiaal omskep is om sy strelende stem pragtig ten toon te stel. Die oorspronklike snitte is deur ’n sterk span skrywers, Niel Schoombie & Roux Cloete. Hoe Groot is U was die laaste lied wat ek gesing het op The Voice SA en dit is ook my pa se gunsteling-kerklied.”

Comments